Wie is ons?
‘n Sosiale groep volwassenses gebaseer in Pretoria wat saam boeredanse beoefen. Ons groep bestaan uit oud en jonk, iedereen is welkom!
Ons tree soms by geleentede op en deel graag die dansvloer met die bekende Wapadrand Boeredans kindergroep.
Wat is die verskil tussen Boeredanse en Volkspele?
Boeredanse
Boeredanse is ‘n ouer dansvorm as Volkspele en bestaan uit die passies wat gedans is met sosiale geleenthede soos ‘n bruilof en elke paartjie kon die musiek vrylik interpreteer.
Hierdie passies is geneem uit verskillende danse met Europese wortels wat aan die Kaap gedans is en verder die binneland ingedra is.
Volkspele
Die kleredrag wat vandag steeds gedra word is gebasseer op die Groot Trek era. In seker die grootste verskil is dat daar met Volkspele saam gesing word deur die deelnemers.
Wat sê ons lede?
“
“Ons geniet dit baie! Jy kan met of sonder ‘n dansmaat kom, daar is ervare dansers wat man of vrou dans en mooi help. As mens foute maak lag jy en probeer weer. Ons is van die ouer lede en mens mag ook bietjie uitsit as jy moeg is, maar ons geniet dit so baie dat ons nie wil uitsit nie!”
Carina
“Ek geniet die verskydenheid. Oor my baie jare van dans het ek baie danse van verskillende tiepes geniet. Ek verkies uiteindelik die meer vinnige danse soos polkas, maar daar is iets vir almal.”
“
Jasper
Lid sedert 2024
“Die Lekkerdraai Boeredansgroep lê vir my baie na aan die hart. Ek is opreg dankbaar vir die mense, die warmte en die aanvaarding wat ek hier ervaar. Elke oefening bring vreugde, lag en ‘n gevoel van behoort wat my hart lig maak. Dis ‘n plek waar tradisie leef, vriendskappe groei en waar ek altyd met ‘n glimlag huis toe gaan.”
“
Fransisca
Lid sedert 2025
“
Niekie
Lid sedert 2025